Namate 2024 tot ‘n einde kom het Adjunkpresident Paul Mashatile verskeie aspekte aangeroer.
Volgens SABC News het hy verskeie punte uitgelig soos Suid-Afrika wat 30 jaar van demokrasie vier, die Springbokke wat nommer een in Wêreldrugby is, Bafana Bafana wat vir volgende jaar se AFCON kwalifiseer, asook die Suid-Afrikaanse sanger, Tyla, wat ‘n Grammy gewen het.
Hy voeg by dat die jaar ook in sekere opsigte ‘n onstuimige een vir baie Suid-Afrikaners was, met gebeure wat die land se veerkragtigheid en eenheid as ‘n nasie getoets het. Verder het hy ook die ekonomiese uitdagings genoem wat baie in die gesig staar.
Volgens die adjunkpresident bly Suid-Afrika se ekonomiese uitdagings ’n konstante kenmerk in hul stryd om lewenskoste te verminder. Hy voeg dat hulle daartoe verbind bly om die stygende kostes van vervoer, elektrisiteit en die koste van voedsel onder beheer te bring.