Adjunkpresident Paul Mashatile se lyfwagte wat daarvan aangekla word dat hul lede van die Suid-Afrikaanse weermag op die N1 Snelweg net buite Johannesburg aangerand het, gaan vandag weer in die hof verskyn. Die saak is al meer as ses maande onderbreek om die staat genoeg tyd te gee om sy ondersoeke af te handel.

Die agt lyfwagte staan tereg op aanklagte van onder meer aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die Staat het verlede jaar November, toe die saak in die hof was, verskeie uitstaande kwessies gehad om af te handel. Die eerste en waarskynlik die belangrikste was om die persoon wat die beweerde aanval verfilm het, as staatsgetuie te beveilig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×