Die administrasie van studiebeurse wat die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, aan die provinsie se top-matrieks beloof het, blyk vanjaar beter te verloop.

Netwerk24 berig 2022 se presteerders het reeds hul aansoekvorms per e-pos ontvang.

Verlede jaar moes sommige van 2021 se top-presteerders tot in Julie vir hulle beursgeld wag.

Rosestad 100.6FM-nuus het destyds berig AfriForum Jeug het van die 2021-matrieks bygestaan.

René van der Vyver, AfriForum Jeug-woordvoerder het in Junie in Rosestad-Soeklig gesê hulle het regsbriewe aan die premierskantoor gerig met ‘n sperdatum, waarná hulle met regstappe sou voortgaan indien die beurse nie uitkeer nie.

Die premierskantoor het verlede jaar ook skielik besluit dat beurse nie toegestaan sou word aan leerlinge wie se ouers meer as R600 000 per jaar verdien nie.

Na volgehoue druk deur opposisiepartye en die media, is dié besluit egter later omgekeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×