Die African Transformation Movement (ATM) het ‘n ope brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf voor sy staatsrede (SONA) Donderdag.  Die president van die party, Vuyo Zungula, kritiseer die huidige regering onder Ramaphosa en lig talle onvervulde beloftes uit vorige SONA-verklarings uit.  Volgens ATM het Ramaphosa die Grondwet oortree en behoort hy sy bedanking Donderdag aan te kondig.  Die party sê die president is uit voeling met die mense van die land en vol leë beloftes. ATM se woordvoerder Zama Ntshona sê die afname in steun vir die ANC is ‘n teken dat Suid-Afrikaners nie meer vertroue in Ramaphosa en sy administrasie het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×