Die AfriForum-tak in Harrismith het ingespring om slaggate in die dorp reg te maak. AfriForum sê die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in Harrismith versuim al geruime tyd om hul pligte na te kom. Hulle het reeds honderde sakkies teer gebruik om slaggate te herstel. Die AfriForum-takvoorsitter in Harrismith, Johan de Bruyn, sê dis lekker om te sien hoe die werk ʼn verskil maak in die dorp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×