Die Afrika-Unie het vandag sy sitplek ingeneem as ʼn nuwe lid van die G20 – op uitnodiging van die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Luidens AFP is die uitbreiding van die groep ʼn diplomatieke oorwinning vir Modi, wat volgende jaar deur nasionale verkiesings in die gesig gestaar word – en die gasheerregte vir vanjaar se forum gebruik het om sy beeld as ʼn internasionale staatsman uit te bou. Modi het, net voor sy openingstoespraak vanoggend, die voorsitter van die Afrika-Unie en president van die Comore-eilande, Azali Assoumani, met ʼn omhelsing begroet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×