Die Afrikaanse Taalmonument en -museum by die Paarl hou vandeesweek  vergaderings oor sy moontlike naamsverandering. ‘n Strategiese beplanningsessie met raadslede van die monument word Donderdag en Vrydag gehou, gevolg deur ‘n openbare vergadering Saterdag in die Paarl waartydens die publiek se insette gevra sal word. Die Volksblad berig die Afrikaanse Taalmonument het verlede week aangedui dat daar nog geen voorstelle vir ‘n nuwe naam is nie en dat hy deur die uitkoms van die vergaderings gelei sal word. ‘n Bloemfonteinse inwoner, wat vroeër in die Paarl gewerk het, het gesê dit is belaglik om die naam van die Afrikaanse Taalmonument te verander. Sy het gesê die monument staan vir Afrikaans en dat dit so goed sou wees om ‘n standbeeld van Nelson Mandela ‘n ander naam te gee.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×