Die Afrikaanse Taalmonument en -museum se raad gaan verder met die department van kuns en kultuur skakel oor die moontlikheid van ‘n naamsverandering, nadat bydraes van die publiek die naweek ontvang is. Netwerk24 berig die raad het Saterdag in die Paarl benadruk dat geen besluit nog geneem is nie en dat die fokus van sy openbare vergadering juis was om die publiek se stem oor dié kwessie te hoor. Die DA het bekend gemaak dat Anroux Marais, LUR vir kuns en kultuur, ‘n formele versoek aan Nathi Mtethwa, minister van sport, kuns en kultuur, gerig het om te vra dat die provinsiale regering die bestuur van die monument oorneem. Die DA het Saterdag ‘n optog en proteskonsert teen die moontlike naamsverandering gehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×