Die Ahmed Kathrada-stigting sê oudpresident Jacob Zuma is ‘n ongeskikte kandidaat om ‘n parlementslid te wees. Zuma is tans in hofgevegte met die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) betrokke oor sy geskiktheid om ’n parlementslid te word.

Die OVK voer aan dat hy nie toegelaat moet word om in die verkiesing mee te ding nie, aangesien hy in 2015 skuldig bevind is en tot 15 maande tronkstraf gevonnis is. Die verkiesingshof het egter in Zuma se guns in die saak beslis. Die OVK het teen die uitspraak geappelleer. Die Ahmed Kathrada-stigting is as ‘n vriend van die hof ter ondersteuning van die OVK aanvaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×