Die All-Black Ma’a Nonu het Saterdag ‘n rooikaart gekry

 Die All-Black Ma’a Nonu het Saterdag ‘n rooikaart gekry

Die All-Black Ma’a Nonu het Saterdag ‘n rooikaart gekry nadat hy sy humeur, in ‘n Franse Top14-kragmeting, verloor het.

Nonu se rooikaart het gekom nadat hy die Lyon-skrumskakel Jean-Marc Doussain met ‘n voorarm in die gesig bygekom het.

Dit volg nadat Doussain vir Nonu met die skouer gestamp het terwyl hy verby hom gehardloop het en ver van die bal af was.

Netwerk24 berig Doussain het die meeste van Nonu se weerwraak gemaak deur voor die skeidsregter neer te val met sy gesig in sy hande.

Alhoewel die skeidsregter Nonu van die veld gestuur het, het hy ook Doussain met ‘n geelkaart gestraf omdat hy die voorval uitgelok het.

LeandreAdmin@