Die Amerikaanse aangewese president, Joe Biden, het gevra dat die geweld by Capitol Hill in Washington beëindig word

Die Amerikaanse aangewese president, Joe Biden, het gevra dat die geweld by Capitol Hill in Washington beëindig word.
Chaos het afgespeel toe uittredende president, Donald Trump, se ondersteuners gisteraand die gebou bestorm het.
Luidens berigte is minstens vier mense is in die betoging dood.
Meer as 50 betogers is in hegtenis geneem.
Die onrus het uitgebreek terwyl die Kongres besig was om Biden se verkiesingsoorwinning te bekragtig. Trump het sy ondersteuners gevra om terug te keer huis toe, maar het herhaal dat verkiesingsbedrog plaasgevind het.
Biden sê die chaos is nie verteenwoordigend van die Amerikaanse bevolking nie.

Luister na potgooie hieronder