Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het gesê hulle waardeer die erns waarmee Suid-Afrika ’n ondersoek na die vaslegging van die Russiese skip Lady R benader het. Die skip het in Desember verlede jaar by die Simonstad-hawe vasgemeer. Dit is ná bewerings deur sy ambassadeur, Reuben Brigety, vroeër vanjaar dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Die ambassade het egter gesê hulle sal nie kommentaar lewer op die bevindings van die verslag nie. Brigety het steeds die steun van die administrasie van pres. Joe Biden.