Donald Trump, voormalige Amerikaanse president, en ook presidentskandidaat vir die Rupublikeine, gaan deur die VSA-intelligensieburo ondervra word. Die onderhoud vorm deel van die ondersoek na die sluipmoordpoging op Trump vroeër vandeesmaand in Pennsilvanië. Ondersoekers moet nog ‘n motief bepaal om te verduidelik waarom Thomas Matthew Crooks op 13 Julie op Trump losgebrand het.
Teksboodskappe waarop daar intussen afgekom is, onthul dat die 20-jarige glo reeds meer as 90 minute voor die skietery deur lede van ‘n plaaslike sekuriteitspan opgemerk is. Trump is in die regteroor beseer en een man is doodgeskiet terwyl hy sy liggaam oor lede van sy gesin gewerp het om hulle teen die koeëlreën te beskerm. Crooks is op die toneel deur veiligheidsowerhede doodgeskiet.