Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gisteraand ’n toespraak voor ondersteuners tydens ’n vreedsame byeenkoms by die Withuis gelewer

Foto: New York Magazine

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gisteraand ’n toespraak voor ondersteuners tydens ’n vreedsame byeenkoms by die Withuis gelewer.

Dit was Trump se eerste openbare optrede sedert hy positief vir Covid-19 getoets is. Trump het sy ondersteuners bedank vir hulle ondersteuning tydens sy herstel van wat hy as die “Chinese virus” beskryf het, en gesê die land gaan binnekort ’n enstof ontwikkel.

Hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die Demokratiese party se kandidaat Joe Biden n skuins klap te gee deur te sê hy is nie in staat om Amerika te regeer nie.

Luister na potgooie hieronder