Die Amerikaanse president, Joe Biden, is vol vertroue dat hy sy voorganger, Donald Trump, in ‘n verkiesing kan klop.

Dié 79-jarige demokraat is gevra of hy homself beskikbaar gaan stel vir ‘n tweede termyn en of Trump ‘n rol in sy besluit sou speel.

Biden se gewildheid het ‘n knou gekry in die afgelope jaar weens stygende inflasie, toenemende geweldsmisdaad in stede en ‘n oënskynlik onoplosbare migrante-krisis by die suidelike grens.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×