Die Amerikaanse sanger, Sixto Diaz Rodriguez, is gistraand in die ouderdom van 81 oorlede.
Volgens The Detroit News het Rodrigues se gesondheid onlangs vinnig agteruit gegaan.
Sy dood is deur sy dogter, Regan, aan die publikasie bevestig.
In ‘n inskrywing op sy amptelike webtuiste word meegevoel betuig aan sy drie dogters, Sandra, Eva en Regan.
Rodriguez het internasionale erkenning vir sy jare lange musiekloopbaan verwerf toe die Oscar-bekroonde dokumentêr, “Searching for Sugar Man,” in 2012 uitgereik is.
Hy het reeds sedert die sewentigerjare derduisende aanhangers in Suid-Afrika, maar was hiervan totaal onbewus.
Van sy grootste treffers sluit Sugarman, I Wonder en Inner City Blues in.