Die Amerikaanse speurdiens het gewaarsku dat daar moontlik planne is om gewapende protesoptrede in Washington te hou

Die Amerikaanse speurdiens het gewaarsku dat daar moontlik planne is om gewapende protesoptrede in Washington te hou asook in die hoofstede van al 50 deelstate in die aanloop tot die inhuldiging van Joe Biden as president.
Biden word op die 20ste van die maand ingehuldig.
Die Nasionale Wag het toestemming gekry om tot 15 000 soldate na Washington te stuur en die Washington monument sal tot die 24ste van die maand gesluit wees vir besoekers.
Die F.B.I sê die opstande kan vanaf die 16de tot minstens die 20ste van die maand verwag word.
Verlede week het duisende ondersteuners van die president, Donald Trump die Kongresgebou bestorm.
Minstens vier mense is in die voorval dood.

Luister na potgooie hieronder