Die Amerikaanse Tesourie het drie mense in Durban as lede van ‘n Islamitiese-Staat-van-Irak-en-Sirië-sel geïdentifiseer.

Die kantoor vir buitelandse batesbeheer het gister gesê dat dié ISIS-sel na bewering binne Suid-Afrikaanse grense aktief is en tegniese, finansiële of materiële ondersteuning aan dié terreurorganisasie bied.

Hy het ook agt maatskappye uitgewys wat skynbaar deur die individue in die sel beheer word.

Die Verenigde State het gesê hy sal voortgaan om met Suid-Afrika saam te werk om ISIS die vermoë te ontsê om die land se ekonomie te misbruik om geld te bekom om die groei van ISIS-affiliasies en -netwerke te bevorder.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×