Die Nasionale Uitvoerende Komitee van die ANC sal nog tot môre vir sy driedaagse beraad in Gauteng byeen wees. Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal sê die komitee besin oor die huidige politieke situasie in Suid-Afrika, met spesifieke verwysing na die party se rol in die regering van nasionale eenheid.
Daar word ook gekyk hoe die ANC ‘n bydrae binne hierdie regeringstruktuur kan lewer. Dit is die eerste ANC-NUK-vergadering sedert die algemene verkiesing van 29 Mei.