Die ANC sê hy sal, met betrekking tot die konflik in die Midde-Ooste, aan die regte kant van die geskiedenis bly.

Die regerende party maak hom gereed om môre, in solidariteit met Palestina, buite Israel se ambassade in Suid-Afrika te betoog.

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het gesê niemand in Suid-Afrika moet die ANC vra om nou die Palestyne te versaak nie.

Die ANC sal volgens hom alles in die stryd werp om saam met die mense van Palestina te bly staan.

Mbalula het ook sy kritiek uitgespreek teenoor Amerika se openlike steun vir Israel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×