Skoolbeheerliggame moet van die mag gestroop word om beleidsbesluite oor taal en toelating by openbare skole te neem.

ANC-LPs het gister voor die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys gesê dit is onafwendbaar dat hierdie magte weggeneem word.

LP’s van die ANC en die EFF het hul steun toegesê aan die departement van onderwys se voorgestelde wysigings rakende die omstrede Bela-wetgewing.

Hiervolgens sal belsuite, soos byvoorbeeld beleidsvorming oor die voertaal en toelatingsvereistes van ‘n skool, deur die departement geneem word, en nie deur die skool se beheerliggaam nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×