Die ANC wend hom nou tot die konstitusionele hof in ‘n finale poging om nie sy geheime oor kaderontplooiing aan die DA te oorhandig nie, soos twee verskillende howe al beveel het nie. Netwerk 24 berig Dr Leon Schreiber, DA-LP en woordvoerder oor staatsdiens en administrasie het Vrydag ‘n brief van ‘n paniekbevange ANC se prokureurs ontvang om die besluit te bevestig. Die appélhof het verlede week ‘n vroeëre besluit van die hooggeregshof in Johannesburg bekragtig dat die ANC alle dokumente van sy kaderontplooiingskomitee sedert 1 Januarie 2013 aan die DA moet oorhandig. Dit sluit alle notules, CV’s, e-posse en whatsapp-boodskappe in sedert Ramaphosa voorsitter van die komitee geword het. Schreiber het die ANC se jongste hofaansoek beskryf as pure paniek om die openbare vrystelling van sy vuil geheime te vertraag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×