Die ANC in Mangaung dreig nou om sy raadslede aan leuenverklikkingstoetse te onderwerp.

Dit volg nadat sekere van die ANC-raadslede skynbaar die partylyn uitgedaag het deur vir die DA se Maryke Davies te stem as speaker van die metro.

Terwyl haar party net 26 setels het, in vergeleke met die ANC se 51 uit die 101-setel-raad, het sy 53 stemme ontvang.

Johan Pretorius, leier van die DA-koukus in die metro, het gesê gister is ‘n dag vir die geskiedenisboeke.

Raadslede en opposisiepartye het volgens hom saamgestaan om dit duidelik te stel dat almal verandering wil sien.

Lucky Mongale van die African Alliance of Social Democrats, meen daar is gister duidelik bewys dat die metro na dienslewering smag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×