Die ANC in die Vrystaat het munisipale bestuurders saam met burgemeesters, speakers en hoofswepe na sy provinsiale Lekgotla genooi. Die DA sê dit is ‘n erkenning dat munisipale bestuurders in ANC-bestuurde munisipaliteite aan die kaderontplooiingsbeleid onderwerp word. Die party sê dat munisipale werknemers nie in hul amptelike hoedanighede aan politieke aktiwiteite mag deelneem nie. Die DA se dokter Roy Jankielsohn sê die uitnodigingsbrief is ‘n skaamtelose erkenning van kaderontplooiing in die provinsie.