Die ANC in Mangaung het die afgelope naweek twee streekkonferensies in Bloemfontein gehou.
Netwerk24 berig ‘n groep het Vrydagaand met die aanvang van die Mangaung-streekkonferensie in die Imvelo Safari Lodge by Bloemfontein weggebreek en wou deur die hooggeregshof ‘n bevel kry om die konferensie stop te sit.
Nadat die aansoek onsuksesvol was, het die wegbreepgroep sy eie paralelle Mangaung-streekkonferensie by die President-hotel in Bloemfontein gaan hou.
Daar was ‘n oor-en-weer-debat oor wie nou eintlik vir leierskapsposisies by die ANC se nasionale kongres in Desember in aanmerking moet kom.
Doktor Roy Jankielsohn, leier van die DA in die Vrystaat, het op die sosialemediaplatform, Facebook, gesê die verdeeldheid in die ANC in die Vrystaat maak die pad oop vir ‘n sege in die 2024-nasionale en provinsiale verkiesings.