Sboniso Duma is gisteraand as die nuwe voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal verkies.  Die ANC in KwaZulu-Natal het ook vir die eerste keer ‘n vrou tot die party se provinsiale leierskap verkies. Die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu is as die ANC se adjunkvoorsitter tydens sy 9de provinsiale konferensie in Durban verkies. Sy is die enigste vrou onder die top-vyf leiers. Simelane-Zulu sê die stryd vir meer verteenwoordiging van vroue in die topstrukture van die ANC se leierskapsposisies sal voortduur. Sy sê alle vroue in die provinsie moet vereer word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×