Die sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, Bheki Mtolo, het die nie geskroom om erg kritiek te lewer teen oudpres Jacob Zuma tydens ‘n vergadering van die provinsiale uitvoerende komitee van die Demokratiese Onderwysunie nie. Netwerk24 berig hy het onder meer in ‘n toespraak gesê bykans drie-duisend huise kon vir eertydse vryheidsvegters van Umkhonto we Sizwe, of MK, gebou word met die R246 miljoen van belastingbetalers se geld waarmee Zuma se Nkandla-woning opgeknap is. Mtolo het gedreig hy gaan mettertyd nog meer onthullings oor Zuma doen. Hy het gevra hoekom moet MK-vegters ‘n man volg wat vir nege-jaar president was en hulle armlastig gehou het. Die rede is hulle het sy leuens geglo. Mtolo het bygevoeg Zuma sal ook die nuwe party, die MK, wat hy gestig het, gebruik tot sy eie voordeel en dié van sy familie. Dele van Mtolo se toespraak is deur Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, op X gedeel.