Twaalf politieke partye het skenkings verklaar wat die voorgeskrewe kerf hiervoor verbysteek en met meer as R148-miljoen gedurende die verslagjaar, is die ANC die voorste ontvanger.
Die data is in die Onafhanklike Verkiesingskommissie se jaarverslag vir 2022/2023 vervat.
Volgens die OVK is meeste van die skenkings deur private skenkers gemaak.