Die IVP se leier, Velenkosini Hlabisa, het vandag tydens die eerste dag van die party se beleidskonferensie in Empangeni in KwaZulu-Natal gesê die ANC doen op vele maniere dieselfde aan die mense van Suid-Afrika as wat die apartheidsregering aan hulle gedoen het. Hlabisa het gesê hulle het gelieg, hul beloftes verbreek, die mense in armoede gehou, die meerderheid gefaal, hulle het ‘n elite verryk, van die mense gesteel asook rassespanning en ongelykheid vererger. Hlabisa het volgens Netwerk 24 gesê die party sal nie ‘n koalisie met die ANC oorweeg nie en sal slegs tot ‘n regering van nasionale eenheid instem as geen party volgende jaar ‘n volstrekte meerderheid behaal nie. Hy het na die toespraak gesê talle mislukkings kan voor die deur van die ANC gelos word en dat die land op die afgrond staan van ekonomiese ineenstorting met grootskaalse disinvestering en rommelstatus.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×