Die ANC Jeugliga beskuldig die DA daarvan dat dit politieke voordeel wil trek uit die land se energiekrisis. Die amptelike opposisie het vandag na die ANC se Luthuli-huis in Johannesburg opgeruk asook in ander sentra in die land om teen beurtkrag te betoog. Die DA beweer dat kaderontplooiing en wat dit noem ANC-geborgde staatskaping, tot die ineenstorting van Eskom gelei het. Die jeugliga sê die DA is mislei. DA-betogers kon weens ʼn polisie-versperring nie tot by Luthuli-huis opmars nie. Beide die ANC en DA betogers is vreedsaam uiteen.