Die ANC het in sy jongste poging om te keer dat die DA toegang kry tot sy rekords oor kaderontplooiing, ‘n aansoek om verlof tot appél by die konstitusionele hof ingedien. Die DA-LP se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, Leon Schreiber, het in hofstukke waarmee die party die ANC se aansoek teenstaan, gesê dit het geen redelik vooruitsig op sukses nie. Die jongste ANC-hofaansoek volg nadat die appélhof in Bloemfontein op 4 September ‘n ander ANC-aansoek verwerp het om te appelleer teen ‘n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof in Johannesburg wat bevind het die ANC moet sy kaderontplooiingsrekords binne vyf dae aan die DA oorhandig.