*Terwyl koalisiegesprekke voortduur kan die reëling om ‘n regering tussen die ANC, DA en IVP te vorm die ANC in die gesig hap.

Van die party se eie lede en sy bondgenote is daarteen gekant.

Na wat verneem word, word steeds oorweging geskenk aan ‘n minderheidsregering wat deur die ANC gevorm is, met ‘n vertroue en voorsiening-reëling met die DA.

Aan die ander kant vra van die ANC se vennote soos onder andere die vakbondfederasie Saftu vir ʼn koalisie met ʼn party soos die EFF sodat daar meer nasionalisering kan wees en werkers beskerm kan word.

Die ANC het intussen gisteraand laat op X bevestig dat sy Nasionale Uitvoerende Komitee vandag planne gaan deel oor onder meer koalisies, premierskandidate en die pad vorentoe. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×