President Cyril Ramaphosa het in sy hoedanigheid as ANC leier dit gister duidelik gemaak dat die ANC in solidariteit met Palestina is. Hy het in Boksburg met die media gepraat by ‘n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee, of NUK. Netwerk 24 berig Ramaphosa het gesê die bevel van Israel dat duisende palestyne uit die noorde van die Gazastrook na die suide moet beweeg, kom neer op volksmoord. Hy het gesê die Palestyne voer ‘n regverdige stryd en hulle menseregte word geskend. Die Palestyne se versoek vir selfbeskikking is iets wat die ANC nog altyd ondersteun het, het hy gesê. Ramaphosa en ander lede van die NUK was in swart geklee as ‘n gebaar van ondersteuning aan Palestina.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×