Die ANC meen die aankondiging oor die nuwe kabinet kan binne die komende dae wees. Dit volg op gerugte dat die DA en die ANC steeds onderhandel oor kabinetsposte.

President Cyril Ramaphosa het in sy hoedanigheid as die leier van die ANC gistermiddag ʼn vergadering met die leier van die DA, John Steenhuisen, gehad in ʼn poging om die laaste geskille uit die weg te ruim.

Die woordvoerder van die IVP, sê die proses is grootliks voltooi en hulle is tevrede met die vordering. Die IVP is die derde grootste vennoot in die regering van nasionale eenheid.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×