Kragtens ‘n bevel van die Konstitusionele Hof, moet die ANC sy kaderontplooiingsrekords voor die einde van die dag aan die DA oorhandig.

Die ANC se appèl om die rekords privaat te hou, is vroeër van die hand gewys. Die Hof het die regerende party vyf dae gegun om alle kader-verwante rekords te oorhandig.

Die dokumentasie wat verskaf moet word, dateer terug na 2013, toe president Cyril Ramaphosa voorsitter van die kaderontplooiingskomitee geword het. Die DA sê die komitee het met openbare aanstellingsprosesse ingemeng, en dat hierdie inmenging die weg vir staatskaping gebaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×