Die ANC ontken bewerings dat hy die OVK beinvloed het

Nadat die ANC nie die oorspronklike sperdatum gehaal het om kandidate in 90 munisipaliteite te registreer nie het hy bewerings ontken dat hy die Verkiesingskommissie beinvloed het om die kandidatelys vir die komende plaaslike regeringsverkiesing te heropen. Die OVK het gister bekend gemaak dat hy die lyste vir kandidate en kiesers heropen het om hulle nog ‘n geleentheid te gee om te registreer. Opposisiepartye het die besluit gekritiseer en dreig om dit in die hof te betwis. Die IVP het die stap gekritiseer en sê die kommissie het hom nie dieselfde geleentheid gegun in ‘n vorige verkiesing nie.  Die ANC se Adjunksekretaris-generaal Jessie Duarte sê die beskuldigings dat die regerende party in die OVK se besluite ingemeng het, is onregverdig.

Luister na potgooie hieronder