Die regering sê dat hulle geen bande met die Palestynse militante groep Hamas het nie, en ook nie met die militante-groep in kontak was oor betrekkinge met Israel nie. Dit volg in reaksie op ‘n stel parlementêre vrae deur die DA na aanleiding van die aanvalle op Israel deur Hamas op 7 Oktober verlede jaar, en die Israeliese weermag se vergeldingsaanvalle op Gasa.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê nie sy of president Cyril Ramaphosa het die afgelope paar jaar enige vorm van kontak met ‘n Hamas-leier gehad nie. Pandor staan wel by haar verklaring in Oktober dat sy ‘n oproep van die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, ontvang het, maar om humanitêre hulp aan Palestina te bespreek.