Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, sê Helen Zille se onlangse uitlatings oor die eenheidsregering is ‘n irritasie en behoort ignoreer te word.
Zille, voorsitter van die DA se federaleraad het glo gesê die huidige regeringsreëling is in wese ‘n koalisie tussen die DA en die ANC, eerder as ‘n regering van nasionale eenheid.
Mbalula het by ‘n media-inligtingsessie gesê die ANC sal nie die DA smeek om deel van die eenheidsregering te bly nie