Die ANC sal na verwagting eersdaags sy plan van optrede oor die situasie in die Midde-Ooste bekendmaak.

Die eerste adjunk-sekretarisgeneraal van die party, en voorsitter van sy subkomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking, Nomvula Mokonyane, sê luidens SABC-nuus dit is verkeerd van mense om die ANC se steun aan die Palestyne te verwar met steun aan Hamas.

Intussen het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad nie geslaag om ‘n resolusie, wat Rusland opgestel het, deur te voer, waarin gevra word vir ‘n
onmiddellike humanitêre skietstaking tussen Israel en die Palestyne nie.

Die konsep-resolusie het ook gevra vir die vrylating van gyselaars, en het die geweld en vyandigheid teenoor burgerlikes skerp veroordeel.

In die konsep-resolusie word alle terreurdade veroordeel.

Hamas word egter nie by die naam genoem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×