Die ANC sal met ‘n volstrekte meerderheid in volgende jaar se algemene verkiesing wen en nie in ‘n koalisie hoef te regeer nie, berig AFP. Ramaphosa het gister so in Sandton gereageer na vrae deur joernaliste kort na ‘n bespreking van die ANC se verkiesingsmanifes. ANC ondersteuners sal vandag tydens ‘n byeenkoms in Soweto oor die manifes ingelig word. Ramaphosa het geantwoord die party dink nie aan bondgenote om aan bewind te bly nie want die party werk nie om in ‘n koalisie te wees nie. Die meerderheid mense wat nog altyd vir die ANC gestem het, sien die party steeds as die enigste om transformasie mee te bring en die land ‘n beter plek te maak, het Ramaphosa gesê. Baie mense sien niemand kan die land beter regeer nie.