Die ANC en sy alliansievennote, Cosatu en die SAKP, het Woensdag weer vergader oor die pad vorentoe met die regering van nasionale eenheid. Beide Cosatu en die SAKP is steeds gekant teen ʼn regering wat die DA insluit. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal Donderdagmiddag weer vergader.

Daar word verwag dat die vergadering tot in die aand sal voortduur waarna die media ingelig sal word oor besluite wat geneem is. Die DA en die ANC het tot Woensdag nog samesprekings gevoer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×