Die ANC sê dit is belangrik dat die OB ‘n geleentheid kry om haar saak te stel

Die ANC sê dit is belangrik dat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane ‘n geleentheid kry om haar saak te stel voor ‘n komitee in die Parlement.

Dit volg nadat die Nasionale Vergadering gister ten gunste gestem het van ‘n aanbeveling dat ‘n ad hoc-komitee geskep word om te bepaal of Mkhwebane geskik is om in haar pos te dien.

Die aanbeveling is deur ‘n onafhanklike paneel gemaak, wat bevind het daar is prima facie-bewyse om haar uit haar pos te verwdyer.

Sommige ANC parlementslede het voor die stemmery in die openbaar gesê dat hulle nie die mosie sal
steun nie, ondanks ‘n verklaring deur die ANC-koukus dat hy die proses sal steun.

Luister na potgooie hieronder