Die ANC se integriteitskommissie moet nog sy verslag oor kriminele aanklagte teen president Cyril Ramaphosa in verband met die beweerde diefstal van miljoene dollar van sy Phala Phala-wildsplaas finaliseer en kommunikeer.

Dit is volgens Ramaphosa, wat die media op ‘n raadsvergadering van die onderwysersvakbond SADTU, toegespreek het.

Die president het bevestig dat hy met die integriteitskommissie vergader het.

Hy wag glo nog op ‘n verslag van die party se tugliggaam.

Hy het gesê hy het ’n baie goeie gesprek met lede van die integriteitskommissie gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×