Ná gister se lang debat, het die ANC se nasionale uitvoerende komitee eindelik besluit om teen die aanvaarding van die artikel 89-paneel van ondersoek se verslag
oor die Phala Phala-sage te stem.

Maroela Media berig dit is mits die parlementêre stemming nog vandag voortgaan.

President Cyril Ramaphosa het gistermiddag hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien om dié verdoemende verslag te laat hersien.

Die parlement se voorsittende beamptes sal nou moet besluit of die stemming vandag kan plaasvind.

Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, het gesê dat ANC-parlementslede tydens ‘n stemming téén die aanvaarding van die verslag sal stem, en dat die president met sy pligte moet voortgaan.

Mashatile het wel gesê dat Ramaphosa deur die integriteitskommissie aanspreeklik gehou sal word, sou hy skuldig bevind word.

Die kommissie sal skynbaar teen Vrydag ’n verslag aan die ANC oorhandig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×