Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal na verwagting vandag besprekings hou oor lede wat afstand moet doen van hul poste weens korrupsie.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal na verwagting vandag ‘n 2015-resolusie van die party bespreek wat bepaal dat lede wat van korrupsie en ander ernstige oortredings beskuldig word en in howe aangekla is, afstand moet doen van hul poste.
Daar is egter ‘n verdeeldheid in die party oor die toepassing van die resolusie.
Dit kom tenspyte van die feit dat President Cyril Ramaphosa in Augustus ‘n brief aan ANC-lede gerig het wat die resolusie bekragtig.
Sommige lede wat tereg staan op strafregtelike aanklagte het hul poste verlaat, maar ander, soos die party se adjunkvoorsitter in KwaZulu-Natal, Mike Mabuyakhulu, en die parlementslid, Bongani Bongo, weier botweg.
Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, wat op verskeie aanklagte in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het, weier ook om afstand te doen van sy pos. Die ANC sê adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte, sê regsadvies word ingewin oor die kwessie.

Luister na potgooie hieronder