Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal vanmiddag weer vergader

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee sal vanmiddag weer vergader om sy verrigtinge van die naweek af te handel.

Dit volg nadat die ANC se president, Cyril Ramaphosa, wat laat gistermiddag die media sou toespreek oor die NUK-vergadering, dit onbepaald uitgestel het.

Die uitstel kom weens ‘n vurige debat oor of ANC-leiers en -lede, wat strafsake teen hulle het, van hul poste moet afstand doen.

Die bespreking kom nadat die Integriteitskomitee vroeër aanbeveel het dat betrokke persone, binne 7 dae nadat hulle aangekla is, moet opsy staan. Diegene wat glo weier, sal uit die party geskors word.

Ondersteuners van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, het na bewering erg kapsie gemaak teen dié mosie en die vergadering wat virtueel plaasgevind het, moes gestaak word.

Luister na potgooie hieronder