Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, gaan met president, Cyril Ramaphosa vergader oor die opsystaan-kwessie

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, gaan nog voor die einde van die maand met die party se president, Cyril Ramaphosa vergader, waartydens hulle die opsystaan-kwessie, wat tans wyd gedebatteer word, sal bespreek.

Volgens Magashule sal dit ‘n private vergadering tussen hulle twee wees.

Magashule het vanoggend in Kliptown, Soweto gepraat waar hy hulde gebring het aan die destydse struggle-veteraan, Charlotte Maxeke.

Magashule het gesê ná sy raadplegende vergaderings met voormalige ANC-leiers soos Mathews Phosa, Jacob Zuma, Kgalema Motlanthe en Thabo Mbeki, sal hy terugrapporteer aan Ramaphosa en die Nasionale Uitvoerende Komitee

Luister na potgooie hieronder