Die ANC sê ten spyte van ‘n skerp styging in coronavirusinfeksies, sal die party nie pogings steun om weer die land op die hoogste vlak van inperking te plaas nie

ANC sê ten spyte van ‘n skerp styging in coronavirusinfeksies, sal die party nie pogings steun om weer die land op die hoogste vlak van inperking te plaas nie.
Die party het die media toegespreek oor planne vir sy 109de bestaansjaarvieringe môre.
President Cyril Ramaphosa sal die ANC se 8 Januarie-verklaring virtueel lewer.
Die Nasionale Coronavirus-bevelsraad het gister dringend vergader oor die skerp styging in nuwe gevalle.
Die hoof van organisering in die ANC, Nomvula Mokonyane sê daar moet gekyk word na alternatiewe wyses om die verspreiding van die coronavirus te stuit sodat die ekonomie toegelaat kan word om te herleef.

Luister na potgooie hieronder