Die ANC se topleiers is nog in die duister oor ʼn moontlike kabinetskommeling deur president Cyril Ramaphosa. Dit is volgens die adjunkpresident van die ANC Paul Mashatile. Op die vraag of hy gereed is om die pos as adjunkpresident van die land in te neem het Mashatile geantwoord dat hy vir eers bly is om as LP te dien. Hy sê dit is die president se prerogatief wie hy wil aanstel as sy adjunk na die bedanking van adjunkpresident David Mabuza.