Die ANC se tussentydse streekkomitee in Mangaung ontken dat daar enige verdeeldheid in die party se strukture in die Vrystaat is. Twee streekskonferensies het gister tegelykertyd op twee verskillende plekke in die metro plaasgevind. ‘n ANC-faksie het ‘n tweede konferensie saamgeroep, nadat hulle nie daarin kon slaag om die streekkomitee se beplande streekkonferensie te keer nie.
